Hallo aan al die brawe mamma’s en pappa’s met redenaar- snippe!
My eerste stuiwer in die armbeurs
Hoeveel van u het nie in 2018 heelwat floutes gehad oor ‘n onseker kind met ‘n hoopvolle juffrou nie? Ek weet wat u deur is, want ek is ‘n mamma van TWEE sulke dogters: ousus het gehakkel en kleinsus is ‘n voor-op-die-wa rebel wat glo sy kan die wêreld verander! Nodeloos om te sê, redenaarseisoen was ‘n nagmerrie, en die Afrikaanse juffrou het geglo sy doen hulle selfbeeld goed!
Die belangrikste 5 goed om te onthou in so ‘n bekkige situasie, is:
- Kies ‘n onderwerp wat binne u kind se verwysing val.
- Laat u redenaar by u sit terwyl u dit skryf.
- Indien u redenaar al goed kan lees, laat hom/haar die bron saam met u lees wanneer u na dit verwys ( u kan selfs ‘n foto van die skrywer van die bron google sodat u kind ‘n prentjie van die persoon het).
- Kies u woorde versigtig!
- En die belangrikste….SKEP ‘N ONTSPANNE ATMOSFEER TYDENS HIERDIE SESSIE!
Onthou: ‘n gelukkige kind is belangriker as ‘n wenner redenaar!
GENIET U BEKKIGE REDENAAR TOT ONS VOLGENDE WENKE!