Na 13 jaar van stresvolle Januaries en Februaries, het ek besef dat dit nou tyd geword het om die stressklinieke se lading te verlig!
Ek wil dit bitter graag eenvoudig en maklik maak vir elke ouer om hulle kind in staat te stel om selfvertroue te bou deur kwaliteit toesprake te gebruik in hulle redenaarskompetisies en ander toespraak geleenthede. Ek werk persoonlik daagliks met kinders en my toesprake het al menige pryse vir kinders ingebring. Ek maak seker jou kind se toespraak pas by sy passies en belangstellings sodat Sy/Hy gemaklik die toespraak kan voorlê.
My droom is om generasies van welsprekende, selfversekerde jongmense die lewe in te stuur, wat bemagtig is om ‘n verskil te maak
!!! EK KWEEK WENNERS !!!
Ek is n Onderwyseres met meer as 28-jaar ervaring. Ek gee tans skool by Hope School vir Gr. 3 leerlinge. Ek is’n ma van 2 wonderlike dogters wat gereeld deelneem in redenaarskompetisies. Hulle wen net so gereeld en dit maak my baie trots.
Ek is passievol en dol-gek oor taal, ek is lief daarvoor om toesprake vir kinders te ontwerp en te sien hoe daai pryse en handeklap ‘n verskil maak in die kind se lewe.
Bekkig is ‘n veilige betroubare plek waar elke ouer slegs die beste vir sy kind kan gee.
Ek is ‘n taalonderwyseres en weet presies hoe om kinders te help deur toesprake. Ek weet waarna om te kyk en wat om in gedagte te hou wanneer praatjies ontwerp moet word.
Gratis wenke om jou kind se selfvertroue te bevorder. Die stappe is maklik en vat slegs 5-min om te implementeer. Gee jou kind die nodige hulp om uit te styg bo die kompetisie.